Prys opgeëis

Met soveel skelmstreke wat die wêreld vol is, is dit maar ‘n waagstuk om aan ‘n internetkompetisie deel te neem van in instansie waarvan jy niks weet nie. Dalk soek hulle net ‘n manier om jou inligting in die hande te kry om daarna daarmee te maak net wat hulle wil? Sê nou net jy wen wel die prys, maar dis ‘n leë dop? Sê nou jy gaan baie onkostes aan om die prys op te eis, net om te ontdek dat jy uitgevang is?

Kruinsig Plaasakkommodasie het in die begin van hierdie jaar so ‘n kompetisie geloods, waar mense dan die Facebook page moes ‘like’, en hulle vriende ook ‘tag’. Baie mense was skepties, maar baie mense het deelgeneem. Die wenner was Megan, wat ook maar versigtig opgewonde was oor die prys. Gelukkig is daar nie ‘n sent van haar gevra nie, maar wel dat sy dit op haar sosiale media sal vertel.

Megan en haar vriende, tien mense in totaal, het die afgelope naweek die prys opgeëis. Hier is haar kommentaar:

Dit klink my hulle het tog te lekker gekuier!

Groete

Toortsie

Kontakbesonderhede:

Selfoon 0825638351

E-pos madele.burger@katlou.co.za

Kruinsig Plaasakkommodasie Blog

Kruinsig Plaasakkommodasie Facebook Page

Kruinsig Plaasakkommodasie is ook by LEKKESLAAP. 

Advertisements

Bespreek u naweek by Kruinsig Plaasakkommodasie

Kruinsig Plaasakkommodasie is die ideale wegbreekplek vir groepe van 2 tot 12 mense.

Dis op ‘n plaas geleë in die Riversdal-omgewing, slegs 9 km van die dorp af, in die pragtigste omgewing.

Kom geniet die stilte, waar jy en jou vriende totaal kan afskakel en net kan ontspan.

Kruinsig se huis is ‘n groot, selfsorghuis wat volledig toegerus is vir 12 persone. Al wat u moet saambring, is u kos, klere, drank en drinkwater.

Die huis word net aan een groep op ‘n slag verhuur, u hoef dus glad nie te deel met ander mense nie.

Daar is 2 badkamers wat deur die lede van die groep gedeel moet word.

Volledig toegeruste kombuis.

Bespreek nou u naweek! Bring u vriende saam en kom ontspan tog te lekker op die plaas!

Like gerus ons Facebookblad waar ons gereeld terugvoer van gaste en ander inligting plaas.

Groetnis

Die Kruinsigspan

Kontakbesonderhede:

Selfoon 0825638351

E-pos madele.burger@katlou.co.za

Kruinsig Plaasakkommodasie Blog

Kruinsig Plaasakkommodasie Facebook Page

 

Hoërskool Langehoven Riversdal – 75 jarige fees

Vanaf Donderdag 29 Junie tot Sondag 2 Julie 2017, word hier groot fees gevier in Riversdal, aldus die Hessequa Nuus van 12 Mei 2017! Die dorp se vere word behoorlik reggeskud.

Verskillende aktiwiteite is op die program, soos Snotkop wat kom sing, ‘n basaar soos net die Riversdallers dit kan hou, ‘n 10 km stap/draf deur die dorp, ‘n 40 km bergfietsren en ‘n 10 km prettrap.

Kom u na Riversdal vir die naweek? Is u ‘n oudleerder? Dan het u verblyf nodig! En as u verblyf nodig het, is u nou op die regte plek!

Kruinsig Plaasakkommodasie is ‘n selfsorghuis wat volledig toegerus is vir 10 persone. Bespreek vroegtydig om u plek te verseker.

Kontak ons by madele.burger@katlou.co.za

Kruinsig se Facebook page

Kontak ons.

Meer oor Kruinsig Plaasakkommodasie

Kruinsig Plaasakkommodasie van binne