Prys opgeëis

Met soveel skelmstreke wat die wêreld vol is, is dit maar ‘n waagstuk om aan ‘n internetkompetisie deel te neem van in instansie waarvan jy niks weet nie. Dalk soek hulle net ‘n manier om jou inligting in die hande te kry om daarna daarmee te maak net wat hulle wil? Sê nou net jy wen wel die prys, maar dis ‘n leë dop? Sê nou jy gaan baie onkostes aan om die prys op te eis, net om te ontdek dat jy uitgevang is?

Kruinsig Plaasakkommodasie het in die begin van hierdie jaar so ‘n kompetisie geloods, waar mense dan die Facebook page moes ‘like’, en hulle vriende ook ‘tag’. Baie mense was skepties, maar baie mense het deelgeneem. Die wenner was Megan, wat ook maar versigtig opgewonde was oor die prys. Gelukkig is daar nie ‘n sent van haar gevra nie, maar wel dat sy dit op haar sosiale media sal vertel.

Megan en haar vriende, tien mense in totaal, het die afgelope naweek die prys opgeëis. Hier is haar kommentaar:

Dit klink my hulle het tog te lekker gekuier!

Groete

Toortsie

Kontakbesonderhede:

Selfoon 0825638351

E-pos madele.burger@katlou.co.za

Kruinsig Plaasakkommodasie Blog

Kruinsig Plaasakkommodasie Facebook Page

Kruinsig Plaasakkommodasie is ook by LEKKESLAAP. 

Advertisements