Terugkerende gaste voordeel

KRUINSIG PLAASAKKOMMODASIE, RIVERSDAL

Ons het die volgende voordeel aan groot groepe gaste wat herhaaldelik kom na Kruinsig Plaasakkommodasie:

Indien u ‘n vol huis (12 persone) vir minstens 2 nagte gereël en gebruik het, kan u en u metgesel met die volgende bespreking van ‘n vol huis (minstens 10 volwassenes) gratis bly.

Dus:

  1. Die eerste naweek wat u die huis gebruik met 12 persone (minstens 10 volwassenes), betaal almal die volle tarief.
  2. Met elke volgende keer wat u die huis bespreek en SELF hier kom bly, en dis ‘n vol huis (minsens 10 persone), kry u en u metgesel die gratis voordeel.
  3. Dis slegs vir die persoon wat die oorspronklike verblyf gereël het.
  4. Die res van die geselskap betaal natuurlik steeds die volle tarief per persoon.
  5. Hierdie aanbod geld dwardeur die jaar. Gedurende die Desembervakansie, is die minimum aantal nagte egter 5 nagte en die seisoenstarief is dan geldig, maar u kan steeds dieselfde voordeel geniet.
  6. Hierdie aanbod geld slegs wanneer u die bespreking DIREK by ons doen by madele.burger@katlou.co.za. Dit geld NIE wanneer u dit deur Lekkeslaap of ander instansie bespreek nie.

Groetnis

Die Kruinsigspan

Advertisements

Die ideale plek vir ‘n spanbounaweek of ‘n kursus

Soek u ‘n plek waar u ‘n lekker spanbounaweek kan hou? ‘n Plek waar u die rustigheid van die natuur kan geniet en waar u as groep kan saambeplan en saamkuier?

Dan is Kruinsig Plaasakkommodasie nét die plek wat u nodig het!

Of wil u ‘n kursus oor ‘n paar dae hou vir ‘n groep mense? Wil u ‘n plek gebruik waar verblyf ingesluit is?

Dan is Kruinsig Plaasakkommodasie u antwoord.

Kruinsig Plaasakkommodasie bied slaapplek vir 12 persone en is volledig toegerus. Dis op ‘n plaas in die Suid-Kaap geleë, naby Riversdal.

Die omgewing is pragtig en beslis die ideale plek vir ‘n groep van 12 persone om te werk en te ontspan.

Etes kan op voorafbespreking teen ‘n addisionele fooi gereël word.

Enige persoon sal verfris wees na ‘n paar dae se verblyf en kursus by Kruinsig Plaasakkommodasie.

Kontak ons gerus by madele.burger@katlou.co.za of 082 563 8351

Kruinsig Plaasakkommodasie

Kontakbesonderhede:

Selfoon 0825638351

E-pos madele.burger@katlou.co.za

Kruinsig Plaasakkommodasie Blog

Kruinsig Plaasakkommodasie Facebook Page

Meer oor Kruinsig Plaasakkommodasie

Kruinsig is ‘n plaas ongeveer 9 km buite Riversdal, berg se kant toe.

Die lieflike, ruim, plaashuis is omskep in ‘n selfsorg gastehuis wat volledig toegerus is vir 10 mense.

Daar is 5 ruim slaapkamers, ‘n heerlike kuierkombuis met ‘n ekstra houtstoof waar daar in die winter heerlik potjiekos gemaak kan word en die gaste vir hulleself ‘n broodjie kan bak. Daar is slegs een badkamer en ‘n ekstra toilet.

Beleef die plaasaktiwiteite wat rondom die huis afspeel, geniet die boerbokke wat kom wei en die Jerseybeeste wat ook orals te sien is.

Die meeste van alles, geniet die stilte, die fantastiese berg en kom herlaai jou battery saam met jou gesin en vriende.

Die huis word as ‘n eenheid verhuur.

Etes kan per voorafbespreking bedien word.

Bespreek vroegtydig. Kontak ons by 082 563 8351 of epos ons by madele.burger@katlou.co.za

 

Kontakbesonderhede:

Selfoon 0825638351

E-pos madele.burger@katlou.co.za

Kruinsig Plaasakkommodasie Blog

Kruinsig Plaasakkommodasie Facebook Page

Kontakbesonderhede:

Selfoon 0825638351

E-pos madele.burger@katlou.co.za

Kruinsig Plaasakkommodasie Blog

Kruinsig Plaasakkommodasie Facebook Page