FAQ Vrae wat gereeld gevra word

Ek beantwoord graag die volgende vrae rondom Kruinsig Plaasakkommodasie:

  1. Bly ons alleen in die huis of moet ons dit deel met ander gaste?

Alhoewel die huis 10 persone kan huisves, word dit as ‘n eenheid uitverhuur. Ongeag hoeveel persone u is, word die huis slegs aan een groep op ‘n slag verhuur. Daar is een badkamer wat deur die groep gedeel word.

2.  Sekere aande wil hier dalk van ons vriende kom oorslaap, hoe maak ons dan?

U bespreek vir die vasgestelde tyd, en die aande wat hier ekstra persone kom oorslaap, betaal u vir hulle vir daardie nagte alleenlik.

3. Word die huis daagliks gediens?

Dit is ‘n selfsorghuis. U maak dit dus daagliks self skoon. Indien u egter wel van ‘n skoonmaker se dienste wil gebruik maak, kan dit vooraf gereël word en u betaal dan ekstra daarvoor.

4. Wat moet ons saambring?

Beddegoed en handdoeke word voorsien vir 10 persone. Die huis is ten volle toegerus. Bring kos en klere saam, asook drinkwater. Die water in die huis is wel drinkbaar, maar bruin bergwater. Dit sal dus goed wees as u skoon drinkwater kan saambring.

5. Moet ‘n mens vir kinders betaal?

Die tariewe word per persoon per nag bereken.

Voorskoolse kinders bly gratis.  Laerskoolkinders betaal halfprys en hoërskoolkinders volprys.

6. Mag ons troeteldiere saambring?

Troeteldiere word nie toegelaat nie. Blinde persone mag wel hulle gidshonde saambring.

7. Wat is die in- en uitkloktye?

U kan ná twee namiddag inklok en uitkloktyd is 10 vm. Indien daar egter nie daardie dag ander mense inkom nie, kan u met die gasvrou reël indien u later sou wou uitklok.

8. Hoe werk die betaling?

By bespreking van die akkommodasie word ‘n deposito van 50% per EFT betaal. Die verskil moet inbetaal word voor u aankoms.

Ons het nie kredietkaartfasiliteite nie.

9. Hoe kom ons daar? Wat is die padaanwysings?

Kliek op HIERDIE SKAKEL vir die padaanwysings.

10. Hoe bespreek ons?

U kan direk by ons bespreek by madele.burger@katlou.co.za of 082 563. 8351.

U kan ook deur Lekkeslaap bespreek indien u dit so verkies.

Advertisements

Het Riversdal ‘n golfbaan?

Ek het ‘n baie spesifieke navraag gekry: Kan Kruinsig Plaasakkommodasie 8 golfers huisves? Singles?

Ja! Kruinsig Plaasakkommodasie kan, om die waarheid te sê, nie slegs 8 enkelpersone nie, maar wel 10 enkelpersone huisves as hulle bereid is om ‘n kamer te deel met iemand.

Dit bring my toe by die vraag:? Het Riversdal ‘n golfbaan? 

Die antwoord hierop is JA! En as jy meer wil weet van die golfbaan, lees bietjie hier.

Terloops, ek sien dat Riversdal se golfbane een van die mees skilderagtige golfbane is, seker oor die mooi natuurskoon van die omgewing en die berge. Riversdal ís mos ook die plek waar die slapende skoonheid haar lêplekkie gekry het!

So, golfers, het julle lus vir ‘n lekker golfnaweek saam met ontspanning in die mooiste omgewing? Het julle lus om ongehinderd te braai en te kuier?

Kom na Kruinsig Plaasakkommodasie. Dis ‘n lekker groot plaashuis wat 10 mense huisves.

Maak dit sommer ‘n ekstra langnaweek en besoek die naburige dorpe se golfbane ook. Bespreek vir drie nagte en kry ‘n ekstra nag gratis.

Kontak ons by madele.burger@katlou.co.za of 082 563 8351.

Groetnis

Die Kruinsigspan.

Tariewe en Spesiale aanbiedinge: Kruinsig Plaasakkommodasie

Die hele huis bied slaapplek vir 10 persone word as ‘n eenheid verhuur.

Die normale tarief is R 220 per persoon per nag, minimum 2 persone.

Die Desembervakansietarief is R300 per persoon, vanaf 1 Des 2017 tot 10 Jan 2017. Minimum bespreking is 4 persone vir 5 dae gedurende die Desembervakansie.

Kinders 0 – 5 jaar oud, gratis.

Kinders 6 – 12 jaar oud, halfprys.

Spesiale aanbieding:

Bespreek vir 3 dae en kry ‘n ekstra dag gratis by. (Desembervakansie uitgesluit)

Kontakbesonderhede:

Tel: 087 230 8858

Selfoon: 082 563 8351

E-pos: madele.burger@katlou.co.za

Padaanwysings na Kruinsig Plaasakkommodasie/ How to get there

Hoe kom jy by Kruinsig Plaasakkommodasie? How do you get to Kruinsig Farm Accommodation?

Kruinsig Plaasakkommodasie is op ‘n plaas geleë ongeveer 9 km vanaf Riversdal in die Wes-Kaap. Jy ry met die N2 tot by Riversdal. Kruinsig Farm Accommodation is situated on a farm, about 9 km from Riversdale in the Western Cape. 


Hierdie bord is geneem as jy in die rigting van Mosselbaai sou ry, van die Kaap af. Driving in the direction from Cape Town to Mossel Bay, turn left into Riversdale, R323. (It is near the Wimpy)

As jy omtrent by die Wimpy kom, draai af in die dorp se hoofstraat. R323. Drive right through the main street of Riversdale. 

Hierdie straat word ‘n dubbelpad wat jou dwarsdeur die dorp neem, verby die Spar op regterhand. This street is a double road that takes you right through the town, past the Spar on your right hand.)

Ry dwarsdeur die dorp. Die dubbelpad word weer enkel. Hou steeds reguit aan totdat jy deur die dorp is. At some stage, the double road become a single one. Just keep on straight till you exit the town. 

Ry oor die steg (bruggie). Hou nog ‘n entjie aan totdat jy ‘n pad na links kry. Drive past the little bridge and a bit more, till you get a road to your left, with this sign. Turn left. 


Draai hier links. As was said before the photo, turn left. 

By die eerste afdraaipad na regs draai jy regs. Kruisrivier. At the first road to your right, turn right, at the following sign. 


Hier regsgedraai, hou jy op hierdie pad. Die teerpad raak ‘n grondpad en ry asseblief versigtig op hom. After you turned right, keep on this road. The tarred road become a gravel road. Please drive very carefully on it. 

Hou aan op hierdie pad totdat jy hierdie bord kry op jou linkerhand. Keep on this road till you get this sign on your left hand. 


Let wel, Katlou Boerdery, Kruinsig. Moenie die Kruisrivierbord na regs neem nie. Draai links by Kruinsig. Please, look for the sign: Katlou Boerdery, Kruinsig. Don’t take the Kruisriver sign to your right. Turn LEFT at Katlou Boerdery, Kruinsig. 

Ry verby die huis met die wit paaltjies, by die wit mure verby.  Hou aan met hierdie plaaspad tot jy by Kruinsig Plaasakkommodasie kom. Drive past the house with the white gates, drive past the white walls as well. Just keep on on this road till you get at Kruinsig Farm accommodation. 


En nou kan jy uitklim, afpak en net ontspan. Vergeet van die stad se gedruis en gejaag. Geniet die stilte en die vrede wat jy net in die natuur kan kry. And now you my get out of your car, unpack your car and relax. Forget everything else and enjoy jourself. 

Kruinsig kan 12 persone huisves. Kruinsig Farm Accommodation can accomodate 12 persons. Groetnis

Die Kruinsigspan.

E-pos: madele.burger@katlou.co.za

Selnr: 082 563 8351

Hoërskool Langehoven Riversdal – 75 jarige fees

Vanaf Donderdag 29 Junie tot Sondag 2 Julie 2017, word hier groot fees gevier in Riversdal, aldus die Hessequa Nuus van 12 Mei 2017! Die dorp se vere word behoorlik reggeskud.

Verskillende aktiwiteite is op die program, soos Snotkop wat kom sing, ‘n basaar soos net die Riversdallers dit kan hou, ‘n 10 km stap/draf deur die dorp, ‘n 40 km bergfietsren en ‘n 10 km prettrap.

Kom u na Riversdal vir die naweek? Is u ‘n oudleerder? Dan het u verblyf nodig! En as u verblyf nodig het, is u nou op die regte plek!

Kruinsig Plaasakkommodasie is ‘n selfsorghuis wat volledig toegerus is vir 10 persone. Bespreek vroegtydig om u plek te verseker.

Kontak ons by madele.burger@katlou.co.za

Kruinsig se Facebook page

Kontak ons.

Meer oor Kruinsig Plaasakkommodasie

Kruinsig Plaasakkommodasie van binne