Meer oor Kruinsig Plaasakkommodasie

Kruinsig is ‘n plaas ongeveer 9 km buite Riversdal, berg se kant toe.

Die lieflike, ruim, plaashuis is omskep in ‘n selfsorg gastehuis wat volledig toegerus is vir 10 mense.

Daar is 5 ruim slaapkamers, ‘n heerlike kuierkombuis met ‘n ekstra houtstoof waar daar in die winter heerlik potjiekos gemaak kan word en die gaste vir hulleself ‘n broodjie kan bak. Daar is slegs een badkamer en ‘n ekstra toilet.

Beleef die plaasaktiwiteite wat rondom die huis afspeel, geniet die boerbokke wat kom wei en die Jerseybeeste wat ook orals te sien is.

Die meeste van alles, geniet die stilte, die fantastiese berg en kom herlaai jou battery saam met jou gesin en vriende.

Die huis word as ‘n eenheid verhuur.

Etes kan per voorafbespreking bedien word.

Bespreek vroegtydig. Kontak ons by 087 230 8858 of 082 563 8351 of epos ons by madele.burger@katlou.co.za