FAQ Vrae wat gereeld gevra word

Ek beantwoord graag die volgende vrae rondom Kruinsig Plaasakkommodasie:

  1. Bly ons alleen in die huis of moet ons dit deel met ander gaste?

Alhoewel die huis 10 persone kan huisves, word dit as ‘n eenheid uitverhuur. Ongeag hoeveel persone u is, word die huis slegs aan een groep op ‘n slag verhuur. Daar is een badkamer wat deur die groep gedeel word.

2.  Sekere aande wil hier dalk van ons vriende kom oorslaap, hoe maak ons dan?

U bespreek vir die vasgestelde tyd, en die aande wat hier ekstra persone kom oorslaap, betaal u vir hulle vir daardie nagte alleenlik.

3. Word die huis daagliks gediens?

Dit is ‘n selfsorghuis. U maak dit dus daagliks self skoon. Indien u egter wel van ‘n skoonmaker se dienste wil gebruik maak, kan dit vooraf gereël word en u betaal dan ekstra daarvoor.

4. Wat moet ons saambring?

Beddegoed en handdoeke word voorsien vir 10 persone. Die huis is ten volle toegerus. Bring kos en klere saam, asook drinkwater. Die water in die huis is wel drinkbaar, maar bruin bergwater. Dit sal dus goed wees as u skoon drinkwater kan saambring.

5. Moet ‘n mens vir kinders betaal?

Die tariewe word per persoon per nag bereken.

Voorskoolse kinders bly gratis.  Laerskoolkinders betaal halfprys en hoërskoolkinders volprys.

6. Mag ons troeteldiere saambring?

Troeteldiere word nie toegelaat nie. Blinde persone mag wel hulle gidshonde saambring.

7. Wat is die in- en uitkloktye?

U kan ná twee namiddag inklok en uitkloktyd is 10 vm. Indien daar egter nie daardie dag ander mense inkom nie, kan u met die gasvrou reël indien u later sou wou uitklok.

8. Hoe werk die betaling?

By bespreking van die akkommodasie word ‘n deposito van 50% per EFT betaal. Die verskil moet inbetaal word voor u aankoms.

9. Hoe kom ons daar? Wat is die padaanwysings?

Kliek op HIERDIE SKAKEL vir die padaanwysings.

 

Advertisements

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is... A Toortsie is a small flashlight, like a torch.
This entry was posted in Akkomodasie Riversdal. Bookmark the permalink.

2 Responses to FAQ Vrae wat gereeld gevra word

  1. Terug pieng: Kruinsig Plaasakkommodasie – die binnekant / Kruinsig Farm Accommodation, the inside | Kruinsig Plaasakkommodasie, Riversdal, Wes-Kaap

  2. Terug pieng: Kruinsig Plaasakkommodasie – die binnekant / Kruinsig Farm Accommodation – the inside | Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie se blog

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s