KRUINSIG PLAASAKKOMMODASIE, RIVERSDAL
Ons het die volgende voordeel aan groot groepe gaste wat herhaaldelik kom na Kruinsig Plaasakkommodasie:
Indien u ‘n vol huis (12 persone) vir minstens 2 nagte gereël en gebruik het, kan u en u metgesel met die volgende bespreking van ‘n vol huis (minstens 10 volwassenes) gratis bly.
Dus:
- Die eerste naweek wat u die huis gebruik met 12 persone (minstens 10 volwassenes), betaal almal die volle tarief.
- Met elke volgende keer wat u die huis bespreek en SELF hier kom bly, en dis ‘n vol huis (minsens 10 persone), kry u en u metgesel die gratis voordeel.
- Dis slegs vir die persoon wat die oorspronklike verblyf gereël het.
- Die res van die geselskap betaal natuurlik steeds die volle tarief per persoon.
- Hierdie aanbod geld dwardeur die jaar. Gedurende die Desembervakansie, is die minimum aantal nagte egter 5 nagte en die seisoenstarief is dan geldig, maar u kan steeds dieselfde voordeel geniet.
- Hierdie aanbod geld slegs wanneer u die bespreking DIREK by ons doen by madele.burger@katlou.co.za. Dit geld NIE wanneer u dit deur Lekkeslaap of ander instansie bespreek nie.
Groetnis
Die Kruinsigspan